Kalahari · sedert 2024

Die
Stampers

Ou fietse - Goeie vriende - Avontuur

Die amptelike blad van die Stampers se motorfietstoere. Hier maak ons planne vir die toere wat wag en deel ons die stories van die toere wat verby is.


2022 · Die stoor

Waar dit begin het

In 2022 het Mias Nieuwoudt 'n vergete Honda XL500 agter in 'n stoor raakgeloop en begin om die fiets terug te bou. Wat as 'n herstelprojek begin het, het gou 'n droom geword: om die ervaring van 'n tagtigerjare-stamper weer lewendig te maak.

Teen 2024 het Mias sy seuns oortuig om hul eie projekte aan te pak. 'n Paar stampers en goeie vriende later het die heel eerste Stamper-toer in die Kalahari afgeskop.


2026 · Nuwe Era

Toe gee die ou fietse pad

Die Kalahari vra baie van 'n fiets wat reeds veertig jaar oud is. Ná twee toere het die meeste van die tagtigerjare-enjins uiteindelik tou opgegooi — party langs die pad, party eers by die huis. Die besluit was maklik: 2026 se toer word met Moderne Fietse aangepak.

Die fietse het verander, maar nie die gedagte nie.

'n Stamper is nie 'n jaartal nie. Dis 'n houding.

Een silinder, min elektronika, niks wat vir jou dink nie. Solank dit eenvoudig, taai en eerlik is, hoort dit by ons.


Elke jaar

Die Kalahari

Elke jaar trotseer die Stampers die Kalahari se son en sand. Vanuit die saal beleef 'n mens hierdie besondere deel van die wêreld soos min ander dit ken — stadiger, stowweriger en heelwat nader aan die grond.

Elke toer ontsluit nog 'n paar van die geheime wat die beeldskone Kalahari wegsteek, en elke toer maak herinneringe wat bly.


Wie ry

Die stal

'n Private toer

Die Stampers is 'n geslote groep vriende en familie. Die toer is nie oop vir die publiek nie — daar is geen inskrywings, kaartjies of gasteplekke nie, en ons bied dit ook nie kommersieel aan nie.

Die storie deel ons graag. Die saal bly onder ons.

Vir toergangers

Teken in — September 2026

Net vir lede van vanjaar se toer. Teken in om die roete, dagprogram, slaapplek, pakkelys en bydraes te sien.

Desember se toer word op die nuwe stelsel beplan.
Gaan na Stampers →
Jou groepadmin stuur vir jou ’n skakel om die eerste keer in te kom.

PIN vergeet? Vra ’n admin of stuur ’n boodskap op die groep.